WINTER

RUGBY

Hoërskool Swartland het nege rugbyspanne wat bestaan uit twee 0/14, twee 0/15, twee 0/16 en drie 0/19 spanne.

Die skool beskik oor drie rugbyvelde met elkeen sy eie naam, naamlik die Tiekiesveld, die Takkeveld en die Rockies-stadion.

Die eerste en tweede spanne oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae terwyl die res van die spanne Dinsdae en Donderdae oefen.

Ons ding jaarliks teen die volgende skole mee: Dirkie Uys, Schoonspruit Sekondêr, Wesbank Sekondêr, Vishoek, Worcester Gimnasium, Vredenburg, Charlie Hofmeyr, Stellenberg, Strand, Jan van Riebeeck, De Kuilen, Durbanville, HTS Drostdy en Hugenote. Die hoogtepunt van die jaar se wedstryde is die Interskole kragmeting met Hugenote.

Gedurende Juniemaand word daar ‘n toernooi op ons rugbyvelde aangebied.

Verskeie toerspanne van oorsee, sowel as die binneland, besoek ons ook gedurende die seisoen.

Argief: 2016 Rugby

NETBAL

HSS is baie trots op die vertonings van hulle onderskeie netbalspanne.

Dinsdae en Donderdae, gedurende die winter, word geoefen.

Argief: 2016 Netbal

HOKKIE

HSS is baie trots op die vertonings van hulle onderskeie hokkiespanne.

Ons bied seuns- en meisiehokkie aan. Dinsdae en Donderdae, gedurende die winter, word geoefen.

Argief: 2016 Hokkie

SOMER

ATLETIEK

Atletiek by Swartland Hoërskool is tradisioneel ‘n baie sterk komponent van die skool se buitemuurse bedrywighede. Ons het onsself as een van die leiers op hierdie gebied binne ons streek geplaas.

Landlope

Hoërskool Swartland bied gedurende die 2de en 3de kwartaal landlope aan.  Gedurende hierdie tydperk is daar op Saterdae byeenkomste regoor die Wes-Kaap.

Die landloopgroep oefen Maandae en Woensdae vanaf 16:30 – 17:30.

Coaching Clinic

Every year we have an excellent coaching clinic. We have close to 500 athletes and 150 coaches attending the clinic.

Some of the best coaches in the Western Cape Area are giving the athletes and coaches basic ideas on improving their technique in all the athletics disciplines.

Argief: 2016 AtletiekLandlope en Tweekamp

 

TENNIS

HSS is baie trots op die vertonings van hulle onderskeie hokkiespanne.

Ons bied seuns- en meisietennis aan. Dinsdae en Donderdae, gedurende die somer, word geoefen.

Kontak intussen vir mnr VI Turnner vir verdere inligting.

Argief: 2016 Tennis

KRIEKET

HSS is baie trots op die vertonings van hulle onderskeie krieketspanne.

Dinsdae en Donderdae, gedurende die winter, word geoefen.

Navrae kan aan mnr Bertie Gerber gerig word.

Argief: 2016 Krieket

SWEM

Malmesbury beskik oor ‘n pragtige 50m swembad, geleë net langs die skool. Swemmers kan óf by die klub ingeskryf wees óf Dinsdae en Donderdae saam met die nie-klubswemmers oefen. Die klubswemmers vaar uitstekend by nasionale klubkampioenskappe.

Hoogtepunte op ons swemkalender is:

Interkleure swemgala met ernstige swem, sowel as baie “sports”-items op die program.

Argief: 2016 Swem

GHOLF

Ons het twee gholfspanne wat aan die Boland Liga deelneem. Wedstryde vind op Maandagmiddae op verskillende bane plaas. Die hoogtepunt, soos die meeste ander sportsoorte, is ons Interskole wedstryde teen Hugenote Hoërskool in Maart.

Argief: 2016 Gholf

SKAAK

Die skaakadministrasie word behartig deur mej I du Preez. Die skaakoefeninge is Maandae in die skoolbiblioteek van 16:00 tot 17:00. Wedstryde word gewoonlik Saterdae gespeel en sommige kere ook in die week. Daar is ongeveer 12 leerders wat skaak speel, maar omdat die meeste van hulle ook aan ander sport deelneem, is daar gewoonlik net 5 wat wedstryde kan speel.

Argief: 2016 Skaak