HUIS VAN ZYL

By ons  koshuis poog ons om ‘n huislike, gelukkige leefomgewing vir ons dogters te skep. Alhoewel ordereëlings noodsaaklik is vir ‘n gelukkige samelewing, beklemtoon ons die belangrikheid van selfdissipline en die respek vir ander.

VAN ‘N TROTSE HUIS VAN ZYLER

Opgerig in 1947, ‘n vesting vir hoërskooldogters, “kilometers” van die skool af, op ‘n bult in Langstraat sal jy haar sien: Huis van Zyl, Hoërskool Swartland se dogterskoshuis.

Dis seker maar soos enige ander koshuis, maar tog met ‘n verskil: het ander koshuise ‘n “Haunted House”?, ‘n Witvrou?. Geen bangmaak praatjies!, nee hierdie is deel van ons jaarlikse inlywing vir graad 8’s. Dis regtig opwindend, ons kan getuig daarvan. Dit is een van ons grootste tradisies, die kinders word deel van die koshuis gemaak.

Ek weet nie van ander koshuise wat ‘n goue trap het nie, ‘n trap wat slegs deur die MATRIEKS en personeel gebruik mag word.

Die gees onder die HUIS VAN ZYLERS is ook groot en baie lekker. DISSIPLINE? Wel, dis maar soos dit oral gaan, sommige se maniere is beter as ander. Dissipline is streng onder beheer.

Dogters van Namibië, Loeriesfontein, Kaapstad en nog ander plekke kom na Huis van Zyl, sonder om twee maal te dink.

So as jy die gees, die dissipline en die trots het, is HUIS VAN ZYL die plek vir jou!