WELKOM BY SWARTLAND HOËRSKOOL – MALMESBURY
Hoërskool Swartland in Malmesbury
Hoërskool Swartland is ‘n trotse skool met ‘n roemryke verlede. Ons is ‘n openbare skool wat daarna streef om uitmuntende onderrig en opvoeding aan sy leerders te bied. Ons streef daarna om ons leerders voor te berei vir die volwasse lewe deur te Werk en Wen.
Die klassieke uitspraak van baron Van Imhoff in 1743, naamlik, dat hy diep geskok en besorg is oor die “grote sorgeloosheid en onwetendheid” van die Swartland se bevolking, was die groot dryfveer agter die groei en ontwikkeling van die onderwys hier. Die ontwikkelingsgang deur al die jare was indrukwekkend en was, en is nog steeds, om die ‘”onwetendheid” te beveg, deur beter skool- en onderwysgeriewe daar te stel. ‘n Hoogtepunt was die eerste skooltjie, ‘n kerkskooltjie, wat in 1745 in Malmesbury geopen is.


School Communicator
HSS stel ‘n nuwe inisiatief aan ons ouers en ondersteuners om kummunikasie te verbeter.
Vinnige Skakels
Hierdie skakels word dikwels besoek:
Verteenwoordige Raad van Leerders
Hoofleiers 2019
Liza Eksteen (Onderhoofdogter), Thea Nel (Hoofdogter), Willbur Jasson (Hoofseun), Benjamin Van Rhyn (Onderhoofseun)
VRL_2019
Daar is ‘n RTT-pos by HSS beskikbaar. Vir meer inligting kliek op die volgende skakel.